KYK hier!

Hallo en welkom by Kyk Hier!

Hier vertel ons lekker stories, van wêreldnuus tot raar maar waar verhale. Ons praat oor die dinge wat jou laat regop sit en luister, gesels met mense, vind meer uit oor dit wat hul laat tiek, deel memes en wys vir jou plekke wat jy kan besoek.

En hier praat ons Afrikaans. Maar vandag se Afrikaans, uit die suiwer moderne mond van die 21ste eeu. Kleurvol en gelaai met emosie. Sonder die meneer en mevrou, die prim en proper woorde wat nou net stof opgaar in die HAT van die 80s. 

Skop jou skoene uit, trek die koffie nader, raak gemaklik en Kyk Hier!

slow

Ons susterpublikasie, go somewhere SLOW (of sommer net bekend as SLOW) se missie is om ‘n gratis argief op die been te bring deur die vertel van stories oor Suid-Afrika se kultuur en die dinge wat ons laat dans, speel, kyk en luister. 

SLOW werk graag saam met besighede en bied dokumentêre aan as ons bobaas produk. En met die ondersteuning van Digital Shelf, ‘n  digitale bemarkingsagentskap  met ryk ondervinding in die aanlynverspreiding asook bemarkingsveldtogte, is jy in goeie hande.

SLOW  is gebore en getoë in Suid-Afrika en adverteerders word verteenwoordig deur  SLOW vir hul produkte, dienste, en hul hunkering na die welstand, bestaan en bevordering van Suid-Afrikaanse kultuur- en mediaproduksies. En alles word aangebied in praktiese, tog tasbare, pakette; met geen voorgee en 100% uniekheid. 

Tussen Kyk Hier! en SLOW  help ons jou besigheid om ‘n wyer gehoor te bereik. Mense soos ons. Mense soos jy. Mense wat ook die ervaringe van ons reenboognasie wil vier. 

Wil jy deel word van SLOW? Kontak hello@gosomewhereslow.com

digital shelf

Digital Shelf is ‘n verskaffer van aanlyninhoud en digitale bemarking met 21 jaar gesamentlike media- en bemarkingsondervinding. 

Met ons kreatiewe aanslag ontwerp, ontwikkel en verbeter Digital Shelf besighede se narratief aanlyn deur middel van top gehalte film, kopieskryf, strategië, beplanning, teikenadvertensies, en meer. Elke idee word geïmplementeer en uitgevoer van begin tot einde, aangevuur deur mikpunte om besighede voor die regte oë te kry met maksimale impak.

Digital Shelf lewer tasbare en meetbare resultate, ‘n alomvattende stel van kernoplossings, om jou te help om jou doelwitte te bereik. 

Digital Shelf se portefeulje sluit in Isuzu Motors South Africa, Winchester Mansions, the South African Bone Registry, Safari.com,  Bonnievale Wines, Cape Town Philharmonic Orchestra, en vele meer.

Het jy en/of jou besigheid Digital Shelf se dienste nodig? Kontak info@digitalshelf.biz