In die Noordweste van Namibië word die geboorte van ‘n kind nie bepaal deur die dag waarop die kind sy eerste skree met geboorte gee nie. Ook nie tydens bevrugting van die kind nie. Dit word bepaal op die eerste begeerte wat die moeder koester om ‘n baba te hê.
As hierdie begeerte in haar moederhart opkom, gaan lê en rus sy onder ‘n boom en luister na die natuur tot sy die lied van die kind, wat gebore moet word, kan hoor. Nadat sy hierdie lied gehoor het, gaan sy na die vader van die kind om hom hierdie lied te leer. Eers dan sal die moeder bevrug word, terwyl hulle saam hierdie lied sing om die kind uit te nooi na die lewe.⠀
Tydens swangerskap leer die moeder hierdie lied aan die vroedvroue en die ouer vroue in die gemeenskap. En wanneer die kind gebore word, sing die bejaarde vrouens en die mense wat gedurende die geboorte om die moeder en kind is, hierdie liedjie om die nuwe aankomeling te verwelkom.⠀
Soos die kind groter word, leer die ander mense van die gemeenskap ook hierdie liedjie aan. As die kind val, of op enige manier sou seerkry, sal daar altyd iemand wees wat hom of haar sal vertroos met die liedjie.
As die kind geprys moet word, sal die hele dorp se mense vir hom sy liedjie sing.
As die persoon gedurende sy lewe ‘n afwykende misdaad of daad begaan, sal die dorpenaars ook vir hom of haar na die middel van die dorp roep waar hulle dan ‘n kring vorm om die persoon en die liedjie sing.
Die Ovahimba’s glo dat antisosiale gedrag nie reggestel kan word deur straf nie, maar deur liefde en herinnering aan eie identiteit.
Deur hulle hele lewe, word hierdie liedjies gesing.
As hulle in die huwelik tree, word die liedjies saam gesing.
En as hierdie kind ouer word en op sy sterfbed lê, sal al die inwoners van die dorpie — wat nog sy lied ken — dit vir die laaste keer sing.⠀
Foto verskaf deur Lanie du Raan Badenhorst.