Toendertyd: Kaapstad in foto’s

‘n Paar terugflitse van Kaapstad… lank, lank gelede.

Kaapstad was nog altyd mooi, maar jare gelede het sy ‘n ander gesig gehad met trembusse, ou motors en minder wolkekrabbers.

Vandag kan ons terugkyk na Kaapstad van toendertyd, en loer na al die ou geboue wat nogsteeds in stand gehou word.

Hier is ‘n paar terugflitse, van Kaapstad lank, lank gelede.

Seepunt se hoofstraat (Regent).
Het jy geweet Tafelberg word beskou as een van die oudste berge in die wêreld? Die rots en klip van die Moederstad se trots is miljoene jare oud. Kenners beweer enigiets tussen 240 en 800 miljoen jaar.
‘n Stukkie van Seepunt.
Adderleystraat in Kaapstad se middestad.
Die jare kom en gaan, maar die uitsig bly nog maar altyd mooi!
Die N1 tussen Johannesburg en Kaapstad.
Lank, lank gelede was daar nog trems in die Moederstad. Die perdekar-trem lyn is eerste oopgemaak in 1863 en teen 1896 is dit omgeswaai na elektriese vervoer. Vanaf 1935 is dit stelselmatig vervang deur die “trolliebusse” en dit het tot stilstand gekom in 1939. Daar was ook ‘n tweede tremlyn — vanaf 1901 tot 1930 — wat Kampsbaai met Seepunt verbind het.
Somer in Kaapstad.
Adderleystraat en die ou Grand Hotel.
Die stasie (en duidelik was Lion bier ‘n groot naam destyds).
DEEL HIERDIE ARTIKEL