Vat so Covid-19 met al jou lockdowns, moets en moenies want Francois van Coke en Vriende is terug.
Na twee jaar se afwesigheid gaan Francois van Coke & Vriende die verhoog van SunBet Arena, Time Square (Pretoria) aan die brand sing op Sondag, 25 September. Francois stel sy vierde solo album, Kanniedood, vry op Vrydag, 23 September, wat dit die grootste sameswering nóg maak!
2022 se VRIENDE is:
Spoegwolf
Elandré
Early B
Tasché
Fokofpolisiekar
Die Heuwels Fantasties
Laudo Liebenberg
Jack Parow
Van Pletzen
Hunter Kennedy
Soos die tradisie loop, gaan die twee uur lange vertoning weereens gepak wees met Francois se bekendse liedjies, die rock treffers wat hy saam met Die Vriende opgeneem het in die verlede, plus lekker nuwe samewerkings, soos “Maak Wakker” met Elandré wat op 1 Julie vrygestel is.
Plek: SunBet Arena, Time Square Casino, Menlyn, Pretoria
Datum: Sondag, 25 September 2022
Prys: R250 – Staande / R295 – Sitplek
Kaartjies: https://bit.ly/fvcenvriende2022
Facebook: Francoisvancoke&Vriende
Maak Wakker met Francois & Elandré
“’Maak wakker’ is basies ‘n boodskap aan myself, om op te staan en aan te gaan na ‘n negatiewe ondervinding.”
Francois van Coke
“Maak Wakker” feat. Elandré is die eerste enkelsnit en musiekvideo vrystelling vanaf Kanniedood en is nou uit.
Francois en Elandré se paaie het die eerste keer gekruis op ‘n lughawe. “Dit was net na Elandré se viral sukses met “Tougher than the Rest”. Daarna het ons mekaar maar gesien by feeste. Ek het altyd gedink daar is iets baie uniek aan hom,” vertel Francois.
In die musiekvideo speel Francois en Elandré twee speurders van die toekoms wat mense wakker maak met die klanke van rock ‘n’ roll. Hulle is ‘n Suid-Afrikaanse weergawe van die Ghost Busters. Die spookrokers.
Elandré gaan saam met Francois “Maak wakker” opvoer by Francois van Coke & Vriende by SunBet Arena op 25 September.