Dit is die einde van ’n era. Die heel laaste Volkswagen Beetle – ’n legende sedert 1938 – het die lig gesien toe die ikoniese motor van die produksielyn in Meksiko ry in ’n sagte deminblou kleur.
En as jy wonder wie die baas gaan word van hierdie motor, of waarheen dit gaan ry, is dit antwoord, “Ag seker nie ver nie.”
Die laaste Volkswagen Beetle sal vertoon word in die VW Museum in Puebla, Meksiko as ’n ternagedagtenis aan die motor se ryk geskiedenis want hier, daar en oral is daar Beetles. Oor die jare en reg oor die wêreld is daar 21.5 miljoen verkoop, waarvan 1.7 miljoen van hierdie verkope toegeskryf kan word aan die nuwer modelle wat beskikbaar was vanaf 1998.
In Suid-Afrika is die laaste VW Beetle gemaak op 18 Januarie 1979 en die fabriek in Uitenhage in die Oos-Kaap het ’n totaal van 288 353 Beetles vervaardig in ‘n tydperk van 28 jaar.
Vandag kan hierdie einste laaste VW Beetle waardeer word by die AutoPavilion museum in Uitenhage, waar daar ook vele ander ikoniese Volkswagen motors is – soos die laaste Citi Golf – en interessante uitstallings van David Kramer se rooi vellies tot moderne lasertegnologie.
Hierdie museum is oop van Maandae tot Vrydae (08:30 tot 16:00) en toegangsfooi is slegs R10 per persoon (R5 vir pensionarisse en kinders onder 16).
Daar is ook die 1982 Beetle te siene Van Jos Oosterbroek; hy het ‘n reis van 20 000km afgelê van Nederland tot Suid-Afrika en gedurende sy reis deur Afrika – met ‘n topspoed van 80 km/ur – het die motor nie een pap wiel gekry of een keer gebreek nie.
Koebaai Kewer, totsiens Beetle. Jou legende sal voortleef in al die blink koepel-wieldoppe van die ou modelle op ons paaie.