Die 16de Artscape Women Humanties Festival gebeur tussen 3 en 27 Augustus 2022 en gedurende Vrouemaand is daar vele om te sien, van verhoogproduksies en boekbekendstellings tot ‘n kort film.
Augustus by Artscape Teater in Kaapstad
Femme Fantasties, 1 Augustus: Die SAMA-genomineerde sangeres en liedjieskrywer, Jodi Jantjies, skop die Vrouemaandvieringe af met Femme Fantasties. Jantjies vat hande met groot name soos Lady Day Big Band, Vicky Sampson, Anna Davel, en Tracey-Lee Olivier.
Kry jou kaartjies hier.
Spertyd, 3-4 Augustus: Spertyd is ‘n reis deur die kontinent van die ouderdom, geskryf deur die bekroonde Elsa Joubert (1922-2020). Spertyd word opgevoer deur Sandra Prinsloo wat die Fleur de Cap toekenning ontvang het vir die vertolking van hierdie verhoogstuk wat inspireer, ontroer maar ook vertroos. Op die ouderdom van 95 vertel Joubert haar lewensverhaal en kyk terug na haar vol lewe; dit is ‘n intieme introspektiewe verhaal met universele kwessies.
Kry jou kaartjies hier.
The Unlikely Secret Agent, 4-9 Augustus: Hierdie stuk vertel ‘n storie van braafheid en hoop van Eleanor, ‘n jong enkelma wat gearresteer is in Durban en ondervra is vir 90 dae oor haar minnaar, Red Ronnie Kasrils, die berugte terroris.
Kry jou kaartjies hier.
Yekabani le Panty (Who’s panty is this), 4-9 Augustus: ‘n Aangrypende optrede deur Peggy Tunyiswa en Carin Bester oor ‘n wit en swart vrou wat hul verskille ontpak, die verdrukking uitdaag en hul krag terugvat.
Karin Kortje in Caberet, 5-6 Augustus: Die kaberet speel af in die 1920s, en word vertolk deur Karin Kortje (as Betty) en Zeldene McDonald wat die rol speel van Mama, die eienaar van ‘n jazzklub in Kaapstad. ‘n Jong Betty volg haar drome na in die groot stad en leer ‘n paar harde lesse.
Kry jou kaartjies hier.
Onder die Brug, 25-27 Augustus: Hierdie vertoning, geskryf deur Raydene le Roux, vertel die verhaal van ‘n jong avontuurlustige man wat sy lewe uit ‘n klein dorpie ontsnap het en gevlug het na Kaapstad op soek na ‘n beter lewe. Dit werk wel nie so uit nie en hy vind himself onder ‘n brug.
Op 8 Augustus is daar ook Broken Crayons Still Colour Beautifully (‘n Simposium vir vroue met gestremdhede), Woman Zone Book Launch – Women of Soil – changing lives, Woman Zone Fine Music Radio Women’s Show en die Woman Zone Programme se Circle of Care. Die AbFab Drag vind plaas op 9 Augustus met , terwyl die Two Hues filmvertoning plaasvind op dieselfde dag.